Een van die begaafste stemme van die Afrikaanse woord.
Getuigskrifte
Wat tune hulle oor Ryger
Prof. Joan Hambidge, Literêre Reus
Daar bestaan mín – indien enige – Afrikaanse romans/novelles wat ’n mens méésleur. Totdat RR Ryger se Die hol gevoel voor jou oë beland en jy besef: hier is een skrywer wat soos Kerouac se On the road of William Burroughs se Last exit to Brooklyn die leser ónkant gaan betrap.”
Getuigskrifte
Wat tune hulle oor Ryger
Gerda Taljaardt, Bekroonde Skrywer
Ryger steur hom nie aan die literêre wêreld se reëls nie. (Hy skryf met) ‘n rou eerlikheid, sonder enige pretensie, en daarvoor het ek groot waardering, want dit is maar skaars in Afrikaans.
Murray La Vita, Profielskrywer
As ‘n mens in ag neem dat Ryger verwysings na musiek en rolprente in dié boek (Beertjie en sy Boytjies) en in Die Hol Gevoel gebruik as deel van sy spel met werklikheid in die teks, is dit dalk nie onvanpas nie om te sê sy werk het ‘n soortgelyke impak as ‘n rolprent soos Silence of the Lambs of die magiese liriek van Jim Morrison.