Ryger se Blog
Kom drink ‘n dop saam my in J-Bay
Hola! Op 2 Mei, 2026, is ek by die Kunskoors Boekefees in Jeffreys Baai. Dis Saterdag, so as jy fokol het om te doen, kom maak 'n draai, details hierbo en onder! ...
Die drie is gedruk, nou moet Ryger suip (ek bedoel skryf)
Okay, dit was groot pret, die twee rugbyboeke (Stryd van die Reuse en Pale toe!), wat ek die afgelope paar jaar onder die naam Michael Green geskryf het. Maar nou is dit tyd vir Ryger om weer ‘n beurt te kry om ‘n boek te skryf. Dit is ek reeds besig om te doen, maar...
Pale Toe!
Kom ek praat vandag ‘n bietjie oor my nuwe rugbyboek, Pale toe!, wat ek onder die naam Michael Green geskryf het. Spesifiek oor die voorblad. Daar trek Faf! En dis alles te danke aan die briljante Baaise fotograaf Deon Ferreira. Deon het my toestemming gegee om sy...
Op Die Groot Ontbyt
Hierdie keer het ek nie kans gehad om te veel bier te drink nie. Dis nou toe ek in Desember 'n verskyning op Die Groot Ontbyt op TV gemaak het vir my Rugbyboek, 'Stryd van die Reuse'. Nou was ek al voorheen op TV en het ek dan gewoonlik myself gate uit geniet. Soos...
Lekker review!
Yes mense! Dis altyd lekker om 'n goeie resensie te ontvang, hier is een wat onlangs op Netwerk 24 en in Rapport verskyn het. Groete! Skrywer RR Ryger se debuutroman heruitgegee | Netwerk24
Boekbedonnerd!
Boekbedonnerd! Die fees teen die einde van Oktober in Richmond waar ek, as Michael Green, Stryd van die Reuse, en as RR Ryger, Die Hol Gevoel se herdruk, gelaunch, het was inderdaad bedonnerd. Behalwe vir die “show” wat ek saam met Gareth Green gedoen het ek ook ‘n...






