Hierdie keer het ek nie kans gehad om te veel bier te drink nie. Dis nou toe ek in Desember ‘n verskyning op Die Groot Ontbyt op TV gemaak het vir my Rugbyboek, ‘Stryd van die Reuse’.
Nou was ek al voorheen op TV en het ek dan gewoonlik myself gate uit geniet. Soos die keer toe ek op Steve Hofmeyr se program was. Ek dink die program se naam was “Dis hoe dit is met Steve”. My vrou hou van Steve se liedjies en selfs ek betrap myself soms dat ek iets van hom neurie. Soos die “Blou Bul eet nie van die vloer af nie” of so. Maar daai keer sit Steve my laaste op sy show, na die Boerklong en nog ‘n paar ander gaste.
Die sangeres Lesley Rea Dowling was ook daar en ek het haar lekker uitgekyk. Mooi man, mooi! En die hele tyd het ‘n ou vir my bier aangedra. So, toe ek eindelik op die verhoog strompel het ek amper ‘n TV-kamera moertoe getackle en die gesprek tussen ek en Steve was bra onsamehangend. Ek het hom op ‘n kol vertrel ek is moerse jaloers omdat al die meisies op Technikon agter hom aagehardloop het.
Ek dink Steve het dit kwaai gelike en dis seker nie onmoontlik dat hy later ‘n gediggie daaroor geskryf het nie. Hy is mos ‘n digter en digters se koppe werk anders. Maar Die Groot Ontbyt is vroeg opgeneem. Fokkit, ek dink ek moes iets soos 05:00 aangemeld het. Bietjie vroeg vir my vir ‘n bier. Ek het dus hierdie keer nie vir Lesley Rae Dowling probeer tackle nie. As sy daar was, was dit dalk ‘n ander storie…

Ou grofstemmetjie Steve. Kyknet se mees gekanselleerde celeb.