Boekbedonnerd!

Die fees teen die einde van Oktober in Richmond waar ek, as Michael Green, Stryd van die Reuse, en as RR Ryger, Die Hol Gevoel se herdruk, gelaunch, het was inderdaad bedonnerd.

Behalwe vir die “show” wat ek saam met Gareth Green gedoen het ek ook ‘n paar lekker koues gesink saam John Donaldson, boeke-verkoper op die dorp, en saam skrywer Julio Agrella, wie se baard amper op sy knieknoppe hang. Was ook in Harry se kunsgalery waar ek kunswerke van Claudette Schreuders bewonder het.

Toe, onwards toe George! Daar was pret en plesier in die Exclusive Books, waar ons weer ‘n showtjie gegooi het. Ek was verheug om my vriend Johann Lerm, ‘n puik rugby-afrigter, skrywer, dominee en sowaar ja, ook omroeper, daar te sien. Such fun.

Terug in Gqeberha nou waar ons op Woensdag 27 November by die Union Olympics-klub daar naby St George-krieketveld gaan boeke verkoop en gesels, so 18:00 die aand. Beplan iets vir daarna in J-Bay. Jiehaa!