Kom ek praat vandag ‘n bietjie oor my nuwe rugbyboek, Pale toe!, wat ek onder die naam Michael Green geskryf het.
Spesifiek oor die voorblad. Daar trek Faf! En dis alles te danke aan die briljante Baaise fotograaf Deon Ferreira. Deon het my toestemming gegee om sy foto van Faf op die voorblad van my boek te sit. Hy het sommer nog ‘n paar ander foto’s ook aangestuur wat ek binne die boek gebruik het. Nou kan julle prentjies ook kyk, né.
Ek is Deon ewig dankbaar en beveel aan julle besoek sy Facebookblad en kontak hom by dferreira0506@gmail.com of 083 303 7650 as julle van sy foto’s wil koop of as julle wil hê hy moet vir julle foto’s kom neem.
Intussen noem ek graag dat ons die boek op Woensdag 5 November om 17:30 vir 18:00 by die Union Olympics-klub naby St Georgepark in Gqeberha (PortfokkenElizabeth) launch. Ek sal bietjie kakpraat, daar gaan mampoer wees en selfs lucky draws – iemand kan tot ‘n string pêrels wen!
Gaan gerus na www.rugbyboek.co.za om Pale Toe! te bestel.

Perels is myne…
,dankie julle