Yes peeps!

Links is die ou voorblad van my eerste boek Die Hol Gevoel, wat in 1989 deur Taurus uitgegee is. Regs is die voorblad van die herdruk wat nou deur Wordslingers uitgegee word en by Exclusive Books winkels gekoop en op my website of by Takealot bestel kan word.

Tienie du Plessis het destyds die voorblad geskep.

“Wat de fok voor sit jy vir Johannes Kerkorrel op die cover van my boek?” wou ek by hom weet.

“Nee, man, dis nie Kerkorrel nie,” het Tienie gelag. Hy vertel my toe die knaap op die voorblad het eers ‘n sigaret in sy mond gehad, maar toe onthou hy die knaap in die storie rook nie. Toe verf hy maar die sigaret weer uit.

Die nuwe voorblad is die werk van my seun Gareth, wat ook vir die briljante voorblad van DRANK, SEKS EN DAVID BOWIE verantwoordelik was.

As ek so kyk, is die gogga met die derde oog op die voorblad besig om ‘n gil ala Edvard Munch te uiter. Ek vermoed dis hoe Gareth gevoel het na hy die boek gelees het.

Dankie vir julle boodskappe en onderstening.

Mail my by info@ryger.co.za

Cheers!