Jisjis, amper tyd dat die herdruk van Die Hol Gevoel die boekwinkels tref. Dit kan intussen reeds hier op my webwerf bestel word, of by Take-alot, as jy wil.

Dit voel nogal vreemd om te dink ’n boek wat ek 35 jaar gelede geskryf het gaan nou weer die rakke tref. Die reaksie was destyds weird. Geleerde mense het my aangevat oor die baie vloekwoorde in die boek. Huh? Baie? Waar? Huh? Waar?

Ek moet sê, ek was ’n complete nutcase toe ek die boek geskryf het. My brein was deurdrenk van alkohol. Ook maar stupid, né. As ek met jongmense vandag gesels, klink dit vir my of baie van hulle nog steeds dieselfde hang-ups het as wat ek daai tyd gehad het. Godsdiens en drank en seks en drugs en hulle stap ook rond asof hulle in ’n movie speel. Fokken slow motion, ek sê. Ek dink dis tyd dat ek ook weer so stadig begin stap. My rede was destyds dat ek babalas gehad het.

In my volgende nuusbrief gaan ek ’n bietjie gesels oor die cover van die ou boek (dis nou Die Hol Gevoel) en die cover van die nuwe een.

Groete vir eers.